Help KMO’s om werk te skep

SmallBusinessBrand
Maak nie saak hoe die regering probeer werk skep nie, dit kan nie slaag nie. Die werk wat hulle kan skep laat die privaatsektor met ‘n nog hoër belastinglas om te dra. Dit word verder vererger deur die beleid van regstellende aksie wat produksie en produktiwiteit nadelig raak.
In elk geval is die staatsdiens hopeloos te groot en vergelyk sleg teenoor ander ontwikkelende lande.
Die regering se Nasionale ontwikkelingsplan om 11 miljoen werkgeleenthede teen 2030 te skep, kan slegs uitgevoer word indien klein en middelslag ondernemings (KMO’s) toegelaat word om te ontwikkel sonder die hoë belastinglas en arbeidswetgewing waarmee die KMO’s opgeskeep sit.
Volgens die Endeaver-werkgeleenthederekenaar kort die land 49 000 KMO’s wat teen ‘n koers van 20% moet groei. Ongelukkig is dit nie moontlik nie as gevolg van die bestaande arbeidswetgewing en belasting las. Baie van die KMO’s bevind hulself in die posisie om eerder hul besigheidaktiwiteite te verminder en word poste wat oopgaan as geval van bedanking of afsterwe, liewer nie te vul nie. Die uiteinde is dat dit nog moeliker maak vir werksoekers om werk te kry. Endeavor glo dat ondernemings met die potensiaal om te groei, moet gehelp word om “groter” te dink en beter besluite neem.
Mike Vacy-Lyle, hoof van FNB Business, sê Suid-Afrika het groot bedrae geld vir die ontwikkeling van ondernemings, maar dat die land ‘n realistiese benadering moet volg om seker te maak dat sulke beleggings die nodige opbrengste behaal.