Total Thabazimbi vier Tien Jaar!

total-logo
Vir die wat lank genoeg in Thabazimbi bly, sou 2005 dalk onthou word vir die eerste ‘groot’ sentrum wat op die hoek van die ‘Ellisras-pad’ gebou is. Daarmee saam, het die groen vulstasie wat agter op die erf geleë was verskuif om posisie op die voorste hoek in te neem. ‘n Nuwe ‘Rooi & Wit’ baadjie is vir die vulstasie aangetrek en Total Thabazimbi is gevestig.
Ons vier dus Total Thabazimbi se tiende verjaarsdag hierdie jaar! Ons glo die oorspronklike eienaar, oom Stoney Steenkamp, sou saamgestem het dat daar net een manier is om die mylpaal te vier en dit is om die Thabazimbi gemeenskap ‘n bietjie te bederf vir tien jaar se getroue ondersteuning.
So, oor die volgende TIEN maande nooi ons u uit om die ‘Total Thabazimbi Ten for Ten’ saam met ons te kom geniet. Daar sal elke maand ‘n spoggerige prys te wen wees. Tien Pryse, Tien Jaar… ‘Ten for Ten’! Hou die Kwêvoël dop om elke nuwe maand se ‘persentjie’ te sien.
As jy van ‘cup cakes’ hou, beter jy maand-einde Vrydae ‘n draai maak om te sien of jy enetjie kan kry. Daar is dalk nog ‘n paar ‘partytjiestreke’ in die mou, so kom geniet die ‘Total Thabazimbi Ten for Ten’… ‘n partytjie net vir jou!