Jak de Priester by KunsteGrot

18-Jak 1
Jak de Priester het Vrydagaand in die Super KunsteGrot opgetree en soos gewoonlik ‘n uitmuntende vertoning gelewer. Hy is op die klavier begelei deur Altus, ‘n puik jong pianis. Jak het met hierdie vertoning baie teruggegaan met sy ervaring saam met sy gesin, asook sy skoonma wat sowat twee jaar gelede gesterf het terwyl sy vrou en gesin oppad was om hulle by hom aan te sluit waar hy ‘n vertoning in Natal gelewer het. Na afloop van die vertoning kon teatergangers bietjie saam met hom by Dewside Restaurant kuier. Die groepie op die trappies by Dewside is voor vlnr: Tanya van Dewside, Jak de Priester en Rita van die KunsteGrot. Agter: Altus (klavier) en Albert (klankingenieur).