VLU leer mosaïekwerk

Van die dames tydens die vetkoek verkope. Vlnr: Annatjie Dreyer, René Laas en Marinda Gagiano.
Van die dames tydens die vetkoek verkope. Vlnr: Annatjie Dreyer, René Laas en Marinda Gagiano.

Tannie Hannetjie Du Plessis handig balkie oor aan Cilea Goosen, ons nuwe beoordeelaarsomroepster.
Tannie Hannetjie Du Plessis handig balkie oor aan Cilea Goosen, ons nuwe beoordeelaarsomroepster.

NORTHAM – Northam VLU het weer op 16 April lekker vergadering gehou te Thabazimbi by die Bosveldoord vir bejaardes. Die gasdames vir die dag was Tannie Hannetjie Du Plessis en Tessa Prinsloo wat hulle weer goed van julle taak gewyt het.
Groot op die agenda was die aandvergadering wat plaasvind op 29 April te Swartklip by die Metodiste kerk. Hierdie is n goeie geleentheid vir werkende dames, om te sien wat die VLU dames alles doen en waarvoor die VLU staan.
Kaartjies is slegs R50.00 per kaartjie, wat ‘n ete insluit. Kaartjies is beperk, so jy moet wikkel as jy deel wil wees van n wonderlike aand!
Baie dankie ook aan al die dames se harde werk met die vetkoek verkope, dit was voorwaar ‘n reuse sukses, net soos die VLU kan.
Sanet Basson het ook op hierdie dag die dames bietjie mosaïek tegnieke geleer, wat baie interessant, en vol prêt was.
Tannie Hannetjie Du Plessis het besluit om uit bestuur te tree, weens ander verpligtinge en Cilea Goosen is verkies tot ons nuwe beoordelaarsomroepster, baie geluk Cilea.
Om deel te wees van Northam VLU, skakel gerus hul skakelbeampte Rene Laas by 073 4299 411.