Thaba Tennisspelers

17-Tennis Kaap
Drie tennisspelers van Thabazimbi Tennisklub was lid van die Limpopo span wat aan die Senior Inter Provinsiale Tennis Suid-Afrika Toernooi deelgeneem het. Die toernooi is vanaf 13 tot 17 April in Groenpunt Kaapstad aangebied. Die span is op die foto vlnr Thane Hearne (Thabazimbi), Patricia Fagan (Potgietersrus), Hendrik Schoonraad (Tzaneen), Theunis Lee Thabazimbi), Leonie Minaar (Thabazimbi) en Klaas Boonzaaier (Polokwane). Theunis Lee was ook kaptein van die span.