“Oasis” Steungroep vir afhanklikes

Die koördineerders van die steungroep:  Linda Grobler (regs), senior maatskaplike werker en kantoorhoof by SAVF Thabazimbi en Marianne Jacobs die voorsitter van die SAVF diensbestuur.
Die koördineerders van die steungroep: Linda Grobler (regs), senior maatskaplike werker en kantoorhoof by SAVF Thabazimbi en Marianne Jacobs die voorsitter van die SAVF diensbestuur.

THABAZIMBI – Die Oasis steungroep bestaan uit ‘n groep persone met ‘n passie vir persone met afhanklikheidsprobleme en hulle gesinne. Enige persone is welkom om dit by te woon. Dit is elke Donderdagaand om 18:00 tot 19h00 by 5 Parklaan in Thabazimbi. Die koördineerders van die steungroep is Marianne Jacobs en Linda Grobler. Hulle kan gekontak word by 014 777 1093 gedurende die week of by 072 309 1718.
Temas van bespreking oor die volgende paar weke sluit in:
* Effek van dwelms op tieners se brein en gemoed
* Moet ek as ouer rondsnuffel in my tiener se kas?
* Effek van alkohol op die liggaam
* Voorskrifmedikasie en die misbruik daarvan
* Dwelmgids vir ouers – leer die feite om jou tiener te beskerm
Kontak gerus enige van die koördineerders met enige navrae.