Konka Rugbytoernooi

17-LS TBZ Ierland
Tydens die Konka Rugbytoernooi gedurende die April skoolvakansie, waaraan 16 spanne deelgeneem het, is drie o/11 Rugbyspelers van Laerskool Thabazimbi gekies om vanaf 1 tot 10 Oktober in Ierland vir ‘n Suid-Afrikaanse o/11 rugbyspan aan ‘n rugbytoernooi deel te neem. Hulle is op die foto vlnr: HJ Janse van Rensburg (agsteman), Jaco Momberg (linkervleuel) en Tristan Brits (binne senter).