Hulle wil dwerg fees laat voortleef

16-Dwergfees
MOKOPANE – Deon Calitz, wat met dwergisme gebore is, is een van min mense wat bekendstelling in die dorp nodig het. Calitz wat binnekort sy 50ste verjaarsdag saam met sy tweelingbroer Chris vier, is in 1965 gebore as Suid-Afrika se eerste dwerg tweeling en sê hy wil graag soos vantevore die gewilde dwerg saamtrek laat voortleef.
Calitz se wederhelfte, Marinda, het Noordelike Nuus genader om hulle te help met dié groot taak. Dié paartjie beoog om deur middel van die media van soveel as moontlik mense met dwergisme, in die land te laat hoor en sodoende een maal jaarliks te laat saamtrek vir ‘n sogenaamde ‘dwerg fees’. “Die gemeenskap word ook hierby betrek,” sê Deon en voeg by hulle wil soos destyds, groot makietie hou.
Die eerste dwerg fees is in 1986 deur wyle akteur Org Small in Heidelberg gehou. Daarna is dié fees weer in 2000 tot 2010 deur Marinda gereël wat die laasgenoemde jaar tot 8000 feesgangers gelok het. Marinda reken dit is groot werk maar sonder twyfel die moeite werd en daarom wil sy en Deon die fees graag weer op die been bring. Die paartjie doen ’n vriendelike beroep op lesers om die woord landwyd te versprei sodat dit soveel mense as moontlik kan bereik wat sal belangstel.
Marinda en lesers word herinner om Noordelike Nuus dop te hou vir die aankondiging van die dwerg fees wat sy laat vanjaar of vroeg volgende jaar wil laat realiseer. Marinda Calitz kan by 076 670 0589 gekontak word of alternatiewelik kan eposse gestuur word na mcalitz.naude@gmail.com
Caption
Deon en Marinda Calitz van Mokopane hoop om die destydse dwerg fees, ’n saamtrek vir dwerge en gemeenskappe landwyd te laat voortleef.