Bekende inwoner oorlede

Betty Roets, voormalige verpleegster by Thabazimbi Hospitaal, is in die ouderdom van 82 jaar oorlede.
Betty Roets, voormalige verpleegster by Thabazimbi Hospitaal, is in die ouderdom van 82 jaar oorlede.

THABAZIMBI – Betty Roets (82), ‘n bekende en geliefde oud inwoner van Thabazimbi, is op 19 April oorlede na ‘n lang siekbed.
Betty se man, Hennie, was vroeër jare werksaam by Yskor Myn en is in 1997 oorlede. Betty was vir baie jare werksaam by Thabazimbi Hospitaal as verpleegster en het ‘n onbaatsugtige diens gelewer aan haar medemens.
Sy het in Bosveldoord gebly voordat sy verhuis het na Rustenburg waar sy in Huis Sering gebly het. Sy het die laaste 5 maande voor haar afsterwe by haar dogter, Annatjie de Klerk en skoonseun, Theuns, in Rustenburg gewoon waar hulle haar versorg het.
Betty laat haar 3 kinders, 8 kleinkinders en 18 agterkleinkinders na. Haar begrafnis was Donderdag, 23 April om 11:00, vanuit die Gereformeerde Kerk in Thabazimbi.