SA Junior Atletiekkampioenskappe

ZW van Deventer by die vlam van trots. Hy het derde geëindig met S0/19 gewigstoot item en het dus die bronsmedalje verower by die SA Junior Atletiekkampieonskappe. Foto: Annabelle Tromp
ZW van Deventer by die vlam van trots. Hy het derde geëindig met S0/19 gewigstoot item en het dus die bronsmedalje verower by die SA Junior Atletiekkampieonskappe. Foto: Annabelle Tromp

RUSTENBURG – Die SA Junior Atletiekkampieonskappe het einde Maart plaasgevind van 26-28 Maart by die Royal Bafokeng Stadion en sewe van HFM se atlete het Limpopo verteenwoordig by die kampioenskappe.
Die volgende atlete het puik presteer: Brendan Vermaak – S O/17 (hy is tans O/16) het negende in Skyfwerp en vyfde in gewigstoot geëindig. Marco Myburgh – S O/15 was vyfde in die 400m. William Thulare – S O/15 het vierde in die 400m hekkies geëindig. Victor Potgieter – S O/15, sesde in gewigstoot. ZW van Deventer S O/19, agste in spiesgooi, sewende in skyfwerp en derde in gewigstoot, waar hy dan die bronsmedalje verwerf het.
HFM het dus vyf atlete wat onder die eerste agt in Suid-Afrika eindig. Ons is voorwaar trots op julle!
Dankie vir Me Lize Fouche en Me Berna Kriel wat ook die atlete op Rustenburg gaan ondersteun het.