Pols Uitdaging aan Thabazimbi

ambulances_paramedic-SthAfrica
THABAZIMBI – Dis in die hele gemeenskap se balang dat hier ‘n betroubare ambulans moet wees om pasiënte van ‘n ongelukstoneel na ‘n hospitaal te vervoer. Op die oomblik is ons van die staatsambulans of ambulanse van omliggende dorpe of stede afhanklik om mense te vervoer. Talle mense in ons omgewing kan getuig van die wedervaringe wat hulle gehad het in hul uur van nood waar daar in sommige gevalle al lewensverlies was weens die feit dat persone nie betyds mediese hulp kon ontvang nie.
Thabazimbi beskik oor van die land se top paramedici, maar weens die gebrek aan befondsing ontbreek die een ding wat die verskil tussen lewe en dood kan beteken: ‘n ambulans. Om fondse te in om ‘n ambulans te kan bekostig, beplan Thabaizmbi Krisis beheer om verskeie projekte te loods om ‘n privaat nooddienste vir Thabazimbi en omgewing beskikbaar te stel. Daar is ‘n rekening oopgemaak om fondse vanaf die publiek in te stoor vir die uitsluitlike doel om ‘n ambulans aan te koop.
Vrydag 1 Mei hou ons ‘n lekker Gesinsdag met (gesondheids) uitdagings. Daar gaan ‘n pretloop van 5km teen R20pp en 10km vir die draf entoesiaste van die dorp aangebied word teen R50pp, asook ‘n fietsren vir ons fietsry entoesiaste in die omgewing teen R50pp. Die kranige en amateur gholfspeler is daar ‘n lekker prettige 18 putjies gholf teen R250 per speler. Wees ‘n sport en daag ander besighede se hartlikheid uit. Kom wys jou staal met die potjiekos kompetisie teen R400 per span van 4 en vind uit hoe jy moet maak as jy op ‘n slang afkom en natuurlik wie jy kan kontak om die ongewenste besoeker uit jou huis te kom verwyder en ook wat jy kan doen as jy jouself in ‘n noodsituasie bevind en noodhulp moet verleen of ontvang. Kom kyk hoe vaardig ons paramedici is en besluit self in wie se hande jy jou lewe wil plaas as jy of ‘n geliefde nie kan help nie. Ondersteun die plaaslike entrepreneurs van ons dorp. Uitstallers kan die organiseerders vir ‘n staanplek, ‘n staanplek beloop R250. Hulle sluit die dag af met ‘n informele dans en braai. Pret en plesier vir die hele gesin.
Thabazimbi het die mooiste natuurskoon met nog mooier inwoners wat se harte warm klop en hande oop is as dit kom by die nood van hul medemens. Kom ondersteun hierdie inisiatief en help ons om Thabazimbi se mense se welstand te verseker.
Vir enige navrae kontak Eveline by 014 777 1057 of 072 318 2294. Enige donasies is welkom:
Thabazimbi Crisis Control Centre
FNB rekening no: 6252 618 6508
Tek kode: 260 346