Pinkster reeks by NG Kerk Thabazimbi

Ds Piet du Toit saam met sy vrou, Silvia kom vir Thabazimbi die Pinkster seminaar aanbied van 17-21 Mei 2015 by die NG Kerk Thabazimbi.
Ds Piet du Toit saam met sy vrou, Silvia kom vir Thabazimbi die Pinkster seminaar aanbied van 17-21 Mei 2015 by die NG Kerk Thabazimbi.

THABAZIMBI – Ds Piet du Toit was ‘n paar jaar terug gelede ‘n groot impak in Thabazimbi veroorsaak het met sy reeks, Die Kruis seminaar – besoek weer Thabazimbi om die Pinkster reeks te kom aanbied vanaf 17 – 21 Mei 2015.
Na die besielende 40 dae reeks wat aangebied is in ons streek, en dan veral in die NG Kerk Thabazimbi. Die eerste ses weke van hierdie kwartaal is hierdie Pinkster reeks, ‘n opvolg bediening wat ‘n mens nie mag misloop nie.
As u tydens die 40 dae ‘n persoonlike ontmoeting met Jesus kan beleef het, is dit in Mei die geleentheid om met die Krag van die Heilige Gees die wêreld met sy negatiewe en demoraliserende omstandighede, tegemoet te gaan en die uitdagings die hoof te bied.
Ds Piet Kruis is steeds vol in sy evangelisasie bediening landwyd en oorsee en lewer ‘n dramatiese impak in ons land. Die Woord van God word in geen onduidelike terme oopgebreek en aan ons gebring “daar waar die tyre die teer slaan.”
Almal word uitgenooi om hierdie kosbare reeks te kom bywoon, 18:00 elke aand van 17-21 Mei 2015 in die NG Kerk Thabazimbi. Moet dit nie misloop nie.