Oud Frikkie sterf in padongeluk

Henk Postma, ‘n oud-inwoner van Thabazimbi wat Saterdag 11 April dood is in ‘n motorongeluk. Op die foto sit hy met DW, die jongste van sy drie seuns.
Henk Postma, ‘n oud-inwoner van Thabazimbi wat Saterdag 11 April dood is in ‘n motorongeluk. Op die foto sit hy met DW, die jongste van sy drie seuns.

Henk Postma (37), ‘n oud-inwoner van Thabazimbi, wat sy matriek by HFM in 2000 verwerf het, is noodlottig beseer in ‘n motorongeluk op 11 April naby Middelburg, waar hy gewoon en by Jeff Drill & Blasting gewerk het.
Henk is opslag dood nadat sy voertuig deur ‘n aankomende voertuig, wat volgens inligting besig was om ‘n ander voertuig verby te steek, sy voertuig aan die kant getref het en hy beheer daaroor verloor het. Henk se voertuig het etlike kere gerol en het op sy dak op ‘n ander motor met drie insittendes te land gekom. Die drie insittendes van die ander motor is ook in die ongeluk dood. Henk was juis oppad huis-toe vanaf ‘n begrafnis van een van die swart werknemers by ‘n besigheid langs die een waar hy gewerk het, toe die ongeluk gebeur het.
Hy laat sy vrou Thea en 3 klein seuntjies, asook sy ma Wilna de Preez wat steeds op Thabazimbi woonagtig is, en sy pa Dirk Postma agter.
Die roudiens is Vrydagoggend (vandag) vanuit die Gereformeerde Kerk Middelburg om 11:00.