Oud Frikkie presteer

16-Leana van Niekerk
Leana van Niekerk – du Toit ‘n oud leerling van Hoerskool Frikkie Meyer wat in 2004 gematrikuleer het, is pas opgeneem in die atletiekspan van Sentraal Gauteng vir die SA Kampioenskappe wat plaasvind op die naweek van 17/18 April 2015 te Stellenbosch. Sy het die eer te beurt geval nadat sy beide die 100 m en 200 m gewen het binne kwalifiserende tyd tydens die Sentraal Gauteng Atletiekkampioenskappe twee naweke gelede. Haar harde werk en toewyding is hierdeur beloon. Ons wil haar graag sterkte toewens vir die SA kampioenskappe en vertrou dat dit goed sal gaan met haar. Ons is baie trots op haar. Leana se groot droom is om in 2016 aan die “World Indoors” te gaan deelneem in Europa.