Oorlede

16-Elsa Dye oorlede

Elsa Dye (44) is Maandag 6 April 2015 dood. Sy word oorleef deur haar eggenoot Rudi en twee seuns, Shane en Jason. Haar roudiens het plaasgevind op Vrydag 10 April vanuit die Hervormde Kerk Vliegepoort. Sy was ‘n borrelende, sterk mens, altyd reg om haar medemens te help en sal baie gemis word deur haar familie en vriende.