Kampioen Skopbokser verdedig haar titel suksesvol

16-skopboks
Jackie Brits van Thabazimbi Skopboksklub met afrigter Shiaan Peet van Breda, is die huidige oop divisie dames skopboks kampioen en hou die titel van die “South African Kickboxing Assosiation” wat ‘n filiaal van die Suid Afrikaanse Sport Beheer Raad is.
Jackie het haar titel suksesvol verdedig in die Danie Van Zyl sport sentrum in Newlands teen Adel Rootman. Benewens in ‘n uitsonderlik harde geveg. Jackie het haar goed van haar taak gekwyt en met briljante skop en slaan kombinasies as wenner uit die stryd getree. Namens al die trotse lede van Thabazimbi Skopboks Klub baie geluk aan ons kampioen,Jackie Brits.
Shiaan Peet van Breda rig reeds dertig jaar skopboks suksesvol die bosveld af. Thabazimbi Skopboks Klub het reeds verskeie kampioene en springbok kampioene opgelewer.
Op 30 Mei beplan die klub om Jackie Brits vir ‘n tweede titel geveg plaaslik in ‘n ander gewigsafdeling te laat veg. Dit sal op Thabazimbi in die Trollope saal aangebied word en die toernooi sal ook tien ander aksiebelaaide gevegte aanbied om vyf uur die middag. Kom kyk en ondersteun gerus van die bosveld se puik vegters wat in aksie sal wees die dag
Vir verdere navrae kontak gerus Shiaan Peet van Breda by 083 579 3139. Tafel besprekings met ete kan ook gedoen word.