Dit Kook by die KunsteGrot van April tot Junie!!

Moenie die nuwe film French Toast misloop op 1 en 2 Mei nie. Pensionarisse kan gratis kom kyk.
Moenie die nuwe film French Toast misloop op 1 en 2 Mei nie. Pensionarisse kan gratis kom kyk.

THABAZIMBI – Niemand hoef te wonder waar om in Thabazimbi bietjie ordentlik te ontspan nie – veral nie die volgende drie maande nie!
Die KunsteGrot is vinnig oppad na die ideaal van ‘n fliek elke naweek – so tussen die kunstenaar-optredes deur! Hou maar net die Kwêvoël ook dop.
Die voorlopige program tot begin Junie – dit gaan definitief nog besiger raak!
24 April – Jak de Priester -optrede
1 & 2 Mei – French Toast –nuwe film
15/16 Mei – Strikdas -nuwe film
30 Mei – Treurgrond – nuwe film
5 Junie – Mathys Roets – optrede
Kaartjies vir Flieks (by deur beskikbaar) – R50, Pensionarisse gratis
Kaartjies vir Kunstenaars (vooraf bespreking) – R130, Pensionarisse R100
Kry ook al die inligting op die webwerf www.kunstegrot.co.za. Besprekings Rita 083 7448559 / rivo@kunstegrot.co.za