NG Kerk Universiteitsoord besoek Bethlehem

Die studente groep sing Houtkruis...hulle het ook middagete saam met die kinders sop en broodjies geëet en dit was vir die kinders ewe spesiaal.
Die studente groep sing Houtkruis…hulle het ook middagete saam met die kinders sop en broodjies geëet en dit was vir die kinders ewe spesiaal.

THABAZIMBI – Die NG Kerk Universiteitsoord studente groep met groepleier Ds Frits Snyman het verlede week, 1 April 2015 vir Bethlehem gebesoek. Die Bosveldkonserttoer van derdejaars het die kinders van Bethlehem kom leer oor Paasfees. Die groep het ook die aand by die NG Kerk hul Paaskonsert aangebied.
Hulle het met Bethlehem se kinders gespeel, liefde uitgedeel, gedans en gesing en kinders baie geniet. Hulle het dit vreeslik geniet om die kinders drukkies uit te deel.