NEOS atletiek klub Atlete

15-NEOS atlete
Op die foto vlnr staan die NEOS atletiek klub atlete wat tans by die Suid Afrikaanse Kampioenskappe deel neem: Claire van Lente, Leane du Plooy, Tatianna Rall, Marco Myburg en Kgotso Sekoboane. Afwesig: Ludwig Pieterse

THABAZIMBI – NEOS Atletiek klub skitter met ses atlete wat gekwalifiseer het om aan die Suid-Afrikaanse klubkampieonskappe deel te neem wat vanaf 9-11 April in Bloemfontein plaasvind. Die volgende atlete (met hulle tye) het gekwalifiseer om daar te gaan deelneem:
Leane du Plooy vir D0/19 100m in 12.15sek, Kgotso Sekoboane S0/19 vir 100m in 10.75 sek, Tatianna Rall D0/17 in 100m met 12.62sek, Claire van Lente D0/17 in 400m in 60.12sek en Marco Myburgh in S0/15 400m met 50.53sek. Al vyf hierdie leerlinge het ook gekwalifiseer om aan die 200m deel te neem.
Die sesde atleet, Ludwig Pieterse (afwesig met neem van foto) het ook vir die S0/19 in die gewigstoot gekwalifiseer met ‘n afstand van 15.20m.
Die voorsitter en hoofafrigter van NEOS Athletics, André le Roux, is baie te vrede met die spog atlete se huidige prestasie en die vorm waarin hulle huidiglik is.
Die atletiekklub spog ook met ander oud atlete wat verlede seisoen nog deel was van klub was wat hulle in 2015 as studente bevind in ‘n ander provinsie: Hendriette le Roux vir D0/19 400m hekkies het vir Noord Wes Provinsie gekwalifiseer en Simon du Toit in S0/19 400m vir Gauteng Noord Provinsie. Die bestuur van die klub wens alle oud atlete sterkte toe vir die Suid Afrikaanse Kampioenskappe.