Die Bosveld Pretrit

15-Pretrit LS Sanddrif 2
Die Bosveld Pretrit, aangebied deur Laerskool Sanddrift, vind hierdie jaar op Saterdag 29 Augustus 2015 plaas. Hierdie jaar sal dit die 18de agtereenvolgende jaar wees wat die Pretrit die dapper manne en vroue uitdaag om hulle beste te kom vertoon.
Die voertuie afdeling sluit in 4×4 (modified & standaard), Pypkarre (modified en standaard) en Quadbikes (Oop of klein). Daar was in 2014 meer as 100 inskrywings vir hierdie kategorieë, met die jongste deelnemer wat die baan voltooi het in 2014, die 11 jarige Wynand Seus.
In 2014 het die 166 motorfietse die baan aangedurf. Die amptelike tydhouer, Peter Visser van Racetime, het reeds sy betrokkenheid by hierdie jaar se Pretrit bevestig. Die tye word dieselfde aand nog op die skool en op Racetime se webtuiste gelaai.
Die 2015 Pretrit beloof om voort te bou op die opwinding van die afgelope 18 jaar. Inskrywings vorms sal op Laerskool Sanddrift se webtuiste gelaai word (www.laerskoolsanddrift.jimdo.com) en sal teen die einde van April beskikbaar wees. Vir verdere navrae skakel gerus die skool 012 277 5007, of e-pos sanddriftlaer@54.co.za