Aliza-Aviela nagmaal

Annatjie Meintjies en Annelize Kotzé wat van die heerlike kosse inskep wat vir hulle voorberei is.
Annatjie Meintjies en Annelize Kotzé wat van die heerlike kosse inskep wat vir hulle voorberei is.

Annatjie Meintjie, Hester Botha en Ronel Joubert.
Annatjie Meintjie, Hester Botha en Ronel Joubert.

THABAZIMBI – Die jaarlikse Paasnagmaal vir die bejaarde lidmate van die NG Kerk Thabazimbi, wat deur die Aliza-Aviela Bediening aangebied is, is gehou op 1 April, met ‘n heerlike ete daarna.
Dr Tinus Benade se prediking het uit Lukas 23:32 – 49 gekom, die kruis verhaal.
Dr Tinus, Annelize Kotzé en Charles Vorster was die kerkraadslede wat om 10:00 die Nagmaal bedien by Tambotie Versorgingsentrum, aan al die bejaardes wat die Nagmaal wou gebruik.
Die Aliza-Aviela groep het reeds 31 Maart met die voorbereidings begin. Die ete het bestaan uit, hoenderpastei, frikkadelle, soet wortel/ertjies en aartappelslaai. Die nagereg was Jan Ellis, vla en roomys.
Daar is ook vir die inwoners van Tambotie Versorgingsentrum voorsiening gemaak vir ‘n eet dingetjie. Dit is ‘n groep omgee vrouens wat saamwerk om omgee liefde oor te dra aan die bejaardes van ons gemeente.
Aliza-Aviela is dankbaar en bly vir elke bejaarde wat die geleentheid kan bywoon.
Soos die bejaardes self, vir die groep sê, “dis die omgee en samesyn van julle
groep wat saak maak”.
Dankie aan elke vrou wat kom help het, ons het die wat nie daar kon wees agv siekte of persoonlike redes gemis.