Thaba Mall – ‘n Droom verwesenlik

THABAZIMBI – Met die opening van Thabazimbi se eerste “alles onder een dag” Mall is ‘n droom van een van die plaaslike sakemanne uiteindelik verwesenlik.
Die eiendom waarop Thaba Mall opgerig is, is reeds in 2007 deur die plaaslike sakeman. Mnr Louis Rossel aangekoop met die uiteindelike doel om ‘n Mall daar op te rig.
Andries du Plooy en André Jerling, die ontwikkelaars het die ontwikkeling aan die gang gekry en gedurende Maart 2014 is daar uiteindelik met die konstruksie van die struktuur begin.
Gedurende Maart verlede jaar is die eerste sooi gespit en nou, ‘n jaar later is die Mall ‘n werklikheid. Nieteenstaande verskeie probleme ondervind soos die verskaffing van staal en beurtkrag, was die ontwikkelaars om op die beplande datum van 26 Maart 2015 hul deure vir die publiek oop te maak.
Die verkryging van die eiendom was maar net die eerste stap. Ontwikkelingshulp was nodig en Nedbank het toe ook ingetree en te help met die finansiering van hierdie R200milj ontwikkeling.
Met sowat 70% van die beskikbare spasie opgeneem deur ‘n verskeidenheid van winkels, party daarvan nut in Thabazimbi, word daar reeds van die tweede-fase ontwikkeling gepraat. Volgens Andries du Plooy, wat die inleidingsboodskap gelewer het, word daar voorsien dat die beskikbare spasie binne die volgende paar maande ook opgeraap sal word.
Heelwat besighede het eers op ‘n baie laat stadium besluit om huurkontrakte aan te gaan, wat ‘n mens daaraan kan toeskryf dat huurders eers wil sien of die Mall gaan materialiseer of nie.
In haar rede voor die amptelike lint-knip seremonie, het Thabazimbi se burgemeester, raadslid Patricia Mosito, daarop gewys dat met die verskeidenheid van winkels in die Mall tot petrolbesparing sal lei. Met die gerief van ‘n groter verskeidenheid van winkels in Thabazimbi, gaan baie mense hul geld eerder plaaslik spandeer as om op ‘n gereelde basis na die groter sentra te ry en hul inkopies daar te gaan doen. Hierdie sentra is ver van Thabazimbi en met die korter ritte sal daar beslis ‘n besparing van brandstof wees.
Meer werkgeleenthede word plaaslike geskep wat beteken dat armoede vanuit die gemeenskap beveg word.
Sy het afgesluit deur besighede uit te nooi om te oorweeg om in Thabazimbi te belê en het daarmee Thabazimbi se nuutste “baba” verwelkom en die hoop en vertroue uitgespreek dat ons dit sal sien groei en verder uitbrei.

Die eienaar van Thaba Mall, mnr Louis Rossel (links), saam met die ontwikkelaars wat moes sorg dat alles reg en betyds gelewer word, Andries du Plooy, (middel) en André Jerling.
Die eienaar van Thaba Mall, mnr Louis Rossel (links), saam met die ontwikkelaars wat moes sorg dat alles reg en betyds gelewer word, Andries du Plooy, (middel) en André Jerling.
Vlnr: Die bugermeester van Thabazimbi, raadslid Patricia Mosito saam Miss Teen Thabazimbi, Rozelle Bester en Joshua Motsomane, skakelbeampte verbonde aan die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit.
Vlnr: Die bugermeester van Thabazimbi, raadslid Patricia Mosito saam Miss Teen Thabazimbi, Rozelle Bester en Joshua Motsomane, skakelbeampte verbonde aan die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit.