Rommelstatus

Afrikaner, huidig die Nieu-Seelandse Krieketkaptein, wat betyds die “Rommel- en Soustreinstatus” van Suid-Afrika vrygespring het, en met ‘n uitstekende mokerhou Suid-Afrika uit die wêreldkrieketbeker gemoer het. Ten minste was daar ‘n stukkie Suid-Afrikaans betrokke by Nieu-Seelandse oorwinning in die halfeindstryd van die Krieket Wêreldbeker.
Was dit nie vir die korrupsie, rommel en swak bestuur van Suid-Afrika nie, was hy dalk deel van die Proteas wat alles vir hul ondersteuners in Suid-Afrika gegee het.
Mens sal nou vra wat het Rommel met alles te doen. – Die kredietgradeerder, Fitch, gaan dalk Suid-Afrika se kredietgradering tot rommelstatus verlaag. Hier praat ons nou nie van Rommel soos in gemors, die gradering wat bykans elke munisipaliteit asook die sentrale regering werklik verdien nie. Almal sit op die Soustrein en versprei hulle gemors in die toilette wat die treinspore van Suid-Afrika deurkruis. En glo my, voorheen was daar omtrent ‘n stasie in elke dorp. Nou word die sy-lyne in die groter munisipale gebiede daarvoor gebruik want dis al wat oor is. Hoe groter die munisipaliteit, hoe groter die gemors, dis nou buiten die Wes Kaap waar ANC ondersteuners dit sommer tussen die spore doen eerder as om die soustrein se toilet te gebruik.
Die “Rommelstatus” wat hier eintlik ter sprake is, is die beloofde loonskikkings vir staatsamptenare waar vakbonde 10% vereis terwyl ‘n skikking van meer as 6,8% die staat se status kan afdwing na rommelstatus.
Beeld se Sake24 van 25 Maart berig dat Suid-Afrika se ekonomiese groei, inflasiesyfer, tekort op lopende rekening en staatskuld vandag slegter is as tien jaar gelede toe die land ‘n BBB+gradering by Fitch gehad het. Hierdie “regeringsaanwysings” van ‘n dekade gelede red tans die land van “Rommelstatus”.
Rommelstatus is reeds in werking met die min belangstelling van beleging in Suid-Afrika, die hoë uitvloei van kapitaal en die verlies aan bevoegde en professionele werkers in alle sektore.
Vlaggedrappeerde-vektorkaart-Suid-Afrika