Dwaalboom Kofukan karate klub

13-Karate Dwaalboom foto 1
Dwaalboom Kofukan karate klub het Saterdag, 21Maart 2015 deelgeneem aan ‘n klub kompetisie teen Rustenburg en Brits. Dwaalboom het agt inskrywings gehad vir die kompetisie en het 16 medaljes verwerf. Die 16 medaljes was vir onderskeidelik Kata (‘n vorm) en Kumite (die fisiese geveg. Kontak Sensei Donovan Will 082 820 0153 vir enige navrae. Op die foto staan die agt Dwaalboom leerlinge vlnr voor: Wiehan Kruger (tweede in Kata en Kumite), Danika Stefhansen (tweede Kata en eerste in Kumite), Fransumé Prins (derde Kata en tweede in Kumite), Elri Herholdt (eerste Kata en derde Kumite) en Chanté Nell (tweede in beide Kata en Kumite) Afwesig: Reece Booys (tweede met Kata en derde met Kumite. Agter: Jeanrey de Lange (Tweede Kata en derde met Kumite), Donovan Will (Afrigter), Erich Drawe (Hulp afrigter) en Deagan de Lange (eerste Kata en derde Kumite).