VLU Bosveldstreek hou konferensie op Lephalale

Lynette de Beer van “Seeds of Inspirations” terwyl sy haar baie inspirerende praatjie aanbied.
Lynette de Beer van “Seeds of Inspirations” terwyl sy haar baie inspirerende praatjie aanbied.
LEPHALALE – VLU Bosveldstreek het hulle konferensie op 11 Maart op Lephalale by die Mogol Gholfklub aangebied.
So ‘n weersiens van al die dames van die ander takke bly maar altyd lekker.
Beauty tak wat hierdie jaar as tak van die jaar benoem is, het dit deur en deur verdiend. Beauty se tak was ook gasvroue vir die dag en het hulle goed van hul taak gekwyt.
Die gasspreker van die dag was Lynette Beer van “Seeds of Inspirations” wat ‘n kragtige boodskap gebring het. Haar boodskap het gegaan oor verskillende persoonlikhede, en hoe ons persoonlkhede by mekaar aanvul, indien ons dit reg verstaan. Sy het natuurlik ook vir baie pret gesorg!
Een baie belangrike punt wat sy ook aangeraak het was dat die waarheid jou vrymaak, maar dit behels die waarheid oor jouself! Vir jou as menswees en nie met mekaar te vergelyk nie. Na haar praatjie het sy ‘n staande applous van die dames ontvang.
Tydens die konferensie is heelwat pryse uitgedeel as belonging vir die dames se harde werk deur die jaar. Vanjaar is daar besonder baie spesiale pryse ook oorhandig, wat weereens wys dat dit die moeite werd is om jou kant te bring.
Sover Northam VLU aan betref word veral die volgende lede geluk gewens: Annatjie Dreyer (2de in brei), Dina Smith (3de in brei en borduur), Mari Meintjes (1ste brei en handvlyt, 2de badmatjie, 3de Masjienwerk) Marinda Gagiano (2de blomme, 3de suurlemoenstroop) Maritza Hasebroek (3de blomme) en René Laas (2de skakelbeampte).
Om deel te wees van VLU Northam tak, kontak gerus hul skakelbeampte René Laas by 073 4299 411