Thaba Mall maak môre (26 Maart 2015) oop

Thaba mall se vordering tot einde Februarie. Afgelaai van www.thabamall.co.za
Thaba mall se vordering tot einde Februarie. Afgelaai van www.thabamall.co.za

12-Thaba Mall binne 1THABAZIMBI – Die eerste amptelike Mall in Thabazimbi is nou ‘n werklikheid. Die eerste sooie vir hierdie nuwe Inkopiesentrum is gedurende Maart verlede jaar gespit wat die begin was van die eerste fondasies wat amptelik gegrawe is.
Die inkopiesentrum was die droomkind van een van die plaaslike entrepreneurs, Louse Russel, welbekende sakemanne in die vervoerdienste in Limpopo en een van die beginners van beide Thaba Trans en Lowveld Busdiens Maatskappye.
Louis het die potensiaal raakgesien van die uiters goed geleë onontwikkelde eiendom agter die bestaande koopsentrum op die hoek van die aansluiting van die Lephalale en Thabazimbiaaksgesien en dit aangekoop.; paaie. Buiten die groot aansluiting tussen Thabazimbi , Bela Bela en Lephalale, het hy die potensiaal van hierdie aansluiting reeds in 2007 raakgesien en die aangrensende eiendom van sowat 10,2ha, wat gemaklik die nuwe sentrum van sowat 18 000m2 sou akkommodeer met oorgenoeg parkering. Dit is bevestig deur ‘n studie wat bevestig het dat die spesifieke plek ‘n 75% gradering het in terme van die vestiging van ‘n nuwe aankopiesntrum met verhuurbare oppervlak van tussen 15000- 17000m2 regverdig.
Die ontwikkelingsspan gelei deur Andries du Plooy van PDC Projects en André Jerding van Retail Property Groep was die beplanners van Thaba Mall wat insluit ‘n groter Pick n Pay winkel, Woolworths, Clicks, Pep en Pep Home en Pep cell, Milayds, Nedbank, Truworths, Identity en die een op die toneel, Westpack Lifestyle.
Sover dit die kliënte wat ‘n sitplekkie by ‘n kitskosplekkie soek is daar Cappuccinos, Fish & Chips Co en Sausage Saloon om die voete te laat rus.
Genoegsame parkering sal sorg dat naweekbesoekers aan die Bosveld en op roete deur Thabazimbi, nie hoef te sukkel om parkering naby hulle eie inkopiesentrum naby hulle huise vir parkering te soek nie. Doen sommer jou inkopies hier op Thabazimbi en vermy die geskarrel vir parkeerplek by die groter inkopeisentrums naby jou huis. Daarby is daar die rustige Bosveld-atmisfeer waar jy jou inkopies kan doen sonder die vrees dat jy en jou gesin dalk gekaap word terwyl julle inkopies doen, of dat hulle na jou huis toe agtervolg.
Doen jou aankope by jou gewilde winkels vanaf 26 Maart hier plaaslik op Thabazimbi.