Petisie teen Eskom bonusse

DA
THABAZIMBI – Die DA is tans besig met ‘n petisie veldtog, genaamd “Power to the People” om die krag voorsiener van Suid-Afrika, Eskom, kennis te gee dat die inwoners van Thabazimbi en die res van die SA uiters ongelukkig is oor swak dienslewering rakend elektrisiteitsvoorsiening.
Die petisie is opgestel met die oog om al die bonusse wat al betaal is van 2008 af, aan die bestuurders van ESKOM van sowat R63milj, terug moet betaal word. Net in 2013 en 2014 alleen was hulle bonusse tot R31 miljoen. Nou wil Eskom aan hulle werkgewers ‘n prestasie (performance) bonus gee, terwyl Suid-Afrika in ‘n krisis situasie is met krag voorsiening.
Thabazimbi se inwoners word versoek om die petisie te onderteken by Bertie Joubert Eiendomme of by Paul Scruten by Autozone (Thabazimbi). Indien u vir die besigheid ‘n elektroniese weergawe van die petisie verlang, kan u dit aanvrae deur ‘n e-pos te stuur aan afridonta@gmail.com.
Getekende petisies moet in die eerste week van April by Bertie Joubert Eiendomme ingehandig word.