Inwoners sit hand aan die graaf en herstel straat

Warmbadweg, die sy-straat wat langs die Rustenburg pad geleë is, is nou weer rybaar danksy die moeite wat een van die inwoners in die straat, mev Susan Roux om die straat weer rybaar te kry.
Warmbadweg, die sy-straat wat langs die Rustenburg pad geleë is, is nou weer rybaar danksy die moeite wat een van die inwoners in die straat, mev Susan Roux om die straat weer rybaar te kry.
THABAZIMBI – Warmbadweg, die sy-straatjie langs die hoofpad net voor die treinbrug, wat toegang verleen aan die huise aan die Noordekant van Rooikuilspruit, het inwoners reeds radeloos deurdat dit nie in stand gehou word nie. Thabazimbi Munisipaliteit het die bewoners van huise in die straatjie glo meer as ‘n jaar gelede beloof dat dit ‘n nuwe teerblad sal kry. ‘n Belofte wat tot dusver nie uitgevoer is nie.
Een van die inwoners, Susan Roux, wat ook in die straat bly, het verlede jaar aan die werk gespring en haar man en tuinhulp betrek om van met klippies en bourommel die talle slaggate in die pad te vul. Dit het sowat 3 maande gehou totdat die reën alles weer oorgespoel het.
Met ‘n donasie van een van die medebewoners in die straat is sy na Bronkies om bousand vir haarself te koop en kyk of sy iets kan kry om die gate weer te vul. Sy het egter nie R1000 gehad vir ‘n vrag van die ysterertafvalklippe te koop nie, wat die ideale vulmateriaal sou wees.
By die huis gekom het sy ‘n oproep gekry waarin die eienaar van Bronkies aanbied om haar ‘n vrag van die klip te skenk en ‘n paar dae daarna ontvang sy ‘n sms om te sê dat hulle gereed is om die klip af te laai. Dit was ‘n groot berg van ‘n vrag klip wat afgelaai is en met ‘n emmer en kruiwa het Susan, met 55 jare agter die rug, haar skoondogter en Piet, die tuinier van een van die inwoners in die straat wat met ‘n kruiwa daar aangekom het, aan die werk gespring om al die klip uit hul toegangspad te verwyder om die gate te vul.
Sy sê dit was die ene gehark van klippe, dit in die emmer te skep en op die kruiwa leeg te maak. Piet het al die stootwerk gedoen en een vir een is die gate met klip gevul en gelyk gehark. Haar man het elke dag ook sodra hy van die werk af gekom het, hand bygesit en gehelp om die pad weer rybaar te kry.
By die aansluiting met Naomiweg was daar nog ‘n paar kleinerige gatjies maar toe was die klip ook klaar.
Susan bedank veral vir Tannie Vallerie , Piet se werkgewer wat hom vir sy arbeid betaal het asook die inwoner van no 14 wat ook met ‘n donasie na vore gekom het. Sy bedank dan ook weereens vir Bronkies wat die klip geskenk het.