Marakele Marathon uitslae

Zani van Rensburg van Activel Life Gym pas nadat sy die 42km Marakele Marathon in ‘n tyd van 03:45 voltooi het. Sy het viredie plek in beide die senior en veteraan afdelings geëindig.
Zani van Rensburg van Activel Life Gym pas nadat sy die 42km Marakele Marathon in ‘n tyd van 03:45 voltooi het. Sy het viredie plek in beide die senior en veteraan afdelings geëindig.
In die 10km mans afdeling het Joseph Mamyedi (32) senior eerste geëindig met ‘n tyd van 00:32:30. Die dames het Done Grove eerste geëindig (13) ‘n junior met ‘n tyd van 00:41:25. Tweede met die dames 10km afdeling was Linde Borger (31) senior en derde was Jocomi Grove (40) ‘n veteraan.
In die 21km senior mans afdeling het Harmans Mokgadi (39) met ‘n tyd van 01:12:41 eerste geëindig. Die Junior mans het Kobus Marais tweede geëindig. In die veteraan mans afdeling het Jackson Seanego (47) met ‘n tyd van 01:17:42 eerste plek behaal. In die Meester mans afdeling het Jan Ngoako (57) met ‘n tyd 01:31:25 eerste geëindig. In die “Grand Meester” afdeling van die 21km het John Woodnutt (62) met ‘n tyd van 01:34:09 eerste plek behaal. In die dames 21km senior afdeling het Catherine Malungane (33) eerste geëindig met 01:30:01 tyd. Die dames veteraan het Marina Marais (45) eerste geëindig met ‘n tyd van 02:11:33 en in die dames Meester afdeling het Ina Lagerwall (53) eerste geëindig met ‘n 01:54:01 tyd.
Die 42km se senior mans afdeling het Fliyatswepiso Moqoboya (30) eerste geëindig met ‘n 02:35:52 tyd. Die veteraan mans afdeling het Jameson Mabapa (40) met ‘n 02:41:10 eerste en Judas Ntuli (43) tweede met ‘n 02:45:33 tyd. Meerster mans afdeling het Alan Coulter (57) met ‘n tyd van 03:36:56 en in die “grand meester” afdeling het Don Chareles (65) eerste geëindig met ‘n tyd van 03:41:37.
In die Dames 42km senior afdeling het Prudabce Zwane (40) eerste geëindig met ‘n tyd van 03:13:46, sy was ook in die veteraan afdeling eerste. In die Meesters dames afdeling het Jane Mudau (52) eerste geëindig met ‘n tyd van 03:40:14.