80 Jare vir Thabazimbi Rugbyklub

SuperRugby1THABAZIMBI – Thabazimbi rugbyklub is sekerlik een van die oudste rubyklubs in die land en vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar.
Die Thabazimbi myn het skaars sy eerste ert laat uitstoom toe is die manne daar om rugby te speel met die Thabazimbi Rugbyklub wat in 1935 gestig is. Die klub vier dus hierdie jaar hul 80ste bestaansjaar en wel op Saterdag (more) 14 Maart. Daarmee saam hou hulle ook ‘n reunie vir alle oud en huidige spelers op die dag.
Verskeie stalletjies met allerhande lekker eetgoed asook ‘n biertent sal beskikbaar wees. Lekker musiek en pryse reg deur die dag wat gewen kan word is ook op die spyskaart.
Die dag skop die oggend om 08:00 af met Bulletjie Rugby tot 10:00. Kom kyk gerus hoe hierdie mannetjies om balbesit baklei (solank hulle net onthou watter kant hulle eie doelpale sit).
Om 10:30 tot 11:45 is dit die Thaba Oldies wat te staan kom teen Pietersburg 2
Hierdie wedstryd word gevolg om 12:00 deur Thaba 2 vs Mogol 2.
Die groot kanonne kry hulle beurt om 13:30 wanneer Mogol 1 te staan kom teen Pietersburg dorp 1 met die laaste wedstryd om 15:00 wanner Thaba se Eerstespan Limpopo Polisie aanvat.
Die amptelike ete vir al die VIP gaste en huidige en voormalige Thabazimbi Klublede word om 17:00 aangebied.
Toegang vir die dag se spel beloop R 10 per persoon. Kinders onder 6 is gratis. Bring dus die hele gesin vir ‘n lekker dag van prêt en goeie rugby en bind sommer daarmee saam die ou bande van die spelers wat nie meer so aktief is nie of wat verhuis het.
Vir verdere inligting kontak Deon Louw by 083 4559652 of 014 772 3457.