Meer moorde in SA as in oorlog in Irak teen ISIS – Afriforum

Nagenoeg 300 meer moorde word per maand in Suid-Afrika gepleeg in vergelyking met die dodetal weens die oorlog teen Islamitiese Staat van Irak en Sirië (SISI) in Irak. Volgend AfriForum vind ongeveer 1 400 moorde per maand in Suid0Afrika plaas, terwyl die dodetal in Irak tydens Februarie die hoogste ingeskiet het met meer as 1 103 sterftes. Dit is egter steeds minder as die maandelikse syfer in Suid-Afrika. Die dodetal in Irak vir Februarie is deur die Verenigde Nasies (VN) se Nickolay Mladenov bekend gemaak.
“Suid-Afrika neig na ‘n oorlogsone as dit by moordsyfers kom. Volgens die 2013/2014-misdaadstatistiek van Suid-Afrika, word nagenoeg 47 moorde per dag in die land gepleeg, dit wil sê daar is ongeveer 1 400 per maand,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.
Volgens Cameron is die vergelyking belangrik, aangesien dit as bewys dien dat die polisie in Suid-Afrika die stryd teen geweldsmisdaad verloor en dat Suid-Afrikaners na hulle eie veiligheid moet begin omsien. Cameron het verder genome dat volgens die Iraq Body Count (IBC) het sowat 17 049 mense hul lewens gedurende 2014 in Irak verloor en volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 2013/2014-statistiek, 17 068 mense in Suid-Afrika. Hierdie syfers dui daarop dat dit nie te vergesog is om Suid-Afrika met ‘n oorloggeteisterde gebied te vergelyk nie.
“Daar waar die polisie hulle bes doe nom misdaad te bekamp, moet ons alles in ons vermoë doe nom te help, maar gemeenskappe moet self verantwoordelikheid neem vir hulle veiligheid. Die staat misluk in sy plig om landsburgers te beveilig.” Het Cameron afgesluit.
Moord