HFM lewer Beste Veldatleet by Interhoër

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het ‘n sterk vertoning tydens die Interhoër Atletiekbyeenkoms wat Saterdag 28 Februarie by Hoërskool Piet Potgieter aangebied is deur tweede geëindig uit die sewe skole wat deelgeneem het.
Dit was veral HFM se seuns wat met ‘n sterk poging na vore gekom het met die meeste punte op die telbord (335) met Piet Potgieter kort op hul hake met 328 punte.
Die dogtersatlete het ook baie goed gevaar met tweedeplek op die telbord met 250 punte met Piet Potgieter 332 punte.
Hoërskool Piet Potgieter was die uiteindelike wenners met 660 punte op die telbord en HFM tweede met 585 punte op die telbord.
Met die sangbeker was dit weereens HFM en Piet Potgieter die stryd aangesê het. HFM verdien hier 307 punte teenoor die 310 van Piet Potgieter.
Brendan Vermaak van HFM het 915 punte verdien in die item Gewigstoot So/16 en is daarmee ook aangewys as die Beste Veldatleet.

Op die foto staan mr Gerhard Booyens, Brendan Vermaak (beste veldatleet) en mr Colin Campbell.
Op die foto staan mr Gerhard Booyens, Brendan Vermaak (beste veldatleet) en mr Colin Campbell.