Bosveld Akademie ontwikkel sy leerlinge:

THABAZIMBI – Nege lewenslustige tieners, ’n paar onnies wat nog lank nie oor die muur is nie was na die pragtige fasiliteite by Tarentaalpan ongeveer 20 kilometer buite Thabazimbi vir ‘n leierskamp. Dit was die resep vir ’n wonderlike en avontuurlike leierskamp gedurende die naweek van 27 Februarie tot 1 Maart. Hierdie naweek was eintlik ’n verlengstuk van die Majuba-vieringe wat eie is aan Bosveld Akademie se trots-op-ons-verlede etos.
Interessante lesings, Bybelstudie, ’n uitdagende hindernisbaan en verfrissende afkoeling in die swembad was die hoofbestanddele van ’n onvergeetlike naweek. Die Rooispan het as wenners uit die stryd getree, ’n kortkop voor die Groenspan en die Geelspan.
Hierdie naweek het weereens bewys dat Bosveld Akademie uitsonderlike aandag aan elkeen van sy leerlinge kan en wil gee.

Die nege BA leerlinge saam met die onderwysers wat die afgelope naweek by die leierskamp was.
Die nege BA leerlinge saam met die onderwysers wat die afgelope naweek by die leierskamp was.