L/S Platina Atletiek gaan van krag tot krag

09-LS Platina - AtleteSWARTKLIP – Verlede naweek het 14 atlete van Laerskool Platina aan die Distrik-Atletiekbyeenkoms te Settlers deelgeneem. Hulle het puik presteer en altesaam 8 medaljes huis-toe gebring.
Die uitblinkers was Siyazinda Matiwane met ‘n tweede plek in So/8 80m, Carla Henning met ‘n eerste plek in gewigstoot Do/11 in en Phakiso Mpoka met ‘n eerste plek vir So/13 in gewigstoot.
Ander atlete wat pragtig presteer het was Tirisano Malema, Tsepang Moeng en Kamogelo Makhalemele.