Laerskool Thabazimbi Gholfdag

THABAZIMBI – Die jaarlikse Laerskool Thabazimbi Gholfdag was weereens met groot sukses aangebied op Thabazimbi se gholfbaan. ‘n Groot woord van dank aan almal wat gehelp he tom hierdie dag ‘n reuse sukses te maak.
Die formaat was ‘n beterbal met ‘n keuse bofhou. Die wenners van die dag op 51 punte was Jannie van Graan en Jakkie van der Wateren. In die tweede plek op 50 punte was JJ Smit en Steve Hugo. Die die derde plek was J van Vuuren en H Benze.
Die naaste van die pen op 3/12 was Daan Lotering en op 7/16 was dit René Campher. Die heerlike gholfdag is afgeskop deur lekker saam te kuier met die sanggroep Juba.

Die eerste plek wenners vir die dag was Jakkie van der Wateren (links) en Jannie van Graan.
Die eerste plek wenners vir die dag was Jakkie van der Wateren (links) en Jannie van Graan.