Gorillas in die bos

Enige gorilla in Afrika sou kon voorspel wat deesdae in Suid-Afrika se parlement aan die gebeur is. Dit is ‘n populistiese spul waar veral die ANC en die nuutgevonde EFF op hul borste slaan om te wys wie van hulle die sterkste is.
Net soos met Ruanda se gorillas, plaas hulle hulself op die lys van bedreigde spesies deur hul magsbehep en hul vertoon met slegs die getrommel van hul gebalde vuiste op hul uitgestote borskaste en geen diens om te keer dat die land ten gronde gaan nie.
Net soos gorilla mannetjies mekaar aanvat oor die wyfie is daar ander mannetjies wat in die agtergrond staan en hul kans afwag om in te spring en die wyfie voor die vegtende mannetjies weg te raap, te paar en sy saad binne haar te los. Teen die tyd dat sy swanger word stel sy eenvoudig net nie meer in die vegtende mannetjies belang nie.
Net soos die binnegevegte van die ANC – die tussen die wat deel van die “Struggle” was en Suid-Afrika as bevrydingsorganisaie regeer, en die wat eerder die beginsels van samewerking wat Mandela daar gestel het wil navolg.
Teenoor hulle staan die EFF met Malema wat sê hy sal doen wat hy wil, al is dit om die demokratiese Parlement omver te gooi, en die ander faksie in sy party wat sê, kom ons volg eerder Madiba se droom sodat ons almal werk het.
So gaan hulle hul wyfies, waaroor hulle baklei, verloor. Daar is diegene wat, net soos die embrio binne die swanger wyfie groei vir ‘n nuwe lewe, haar voorberei vir ‘n nuwe geboorte van Suid-Afrika. Aan die ander kant is daar die wat agter die skild van vakbonde skuil (ongeag kleur of ras) wat glo dat hul drome van ‘n huis, baie geld en ‘n Mercedes Benz en yskas sal bewaarheid word deur die populiste te steun, diegene wat die hardste op hul borskaste slaan.
Met die afbrand van skole en biblioteke die afgelope week in Malamulele in Limpopo, kan mens net vra of Bantoe Onderwys werklik die probleem was dat hulle tydens die vorige bedeling skole en biblioteke afgebrand het, of was dit nie net dalk ‘n verset teen die geordende samelewing nie. Hoekom word dit steeds gedoen, of het die ANC in meer as 20 jaar nog nie daarin geslaag om uit donker Afrika na die lig te beweeg nie?
Hier het ons te doen met politieke partye wat die ongebore embrio ten alle koste wil beskerm en die populistiese faksie wat die vrou (Parlement) eerder sal vermoor net sodat sy nie geboorte kan gee aan ‘n nuwe lewe nie.
Die keuse van watter faksie jy wil ondersteun is joune.

Photo from: http://news.bbcimg.co.uk/media/images/80976000/jpg/_80976340_80976339.jpg
Photo from: http://news.bbcimg.co.uk/media/images/80976000/jpg/_80976340_80976339.jpg