Bosveld Akademie Ntvl proewe – atletiek

09-BA AtleteAgt Bosveld Akademie atlete het deelgeneem aan die BCVO Ntvl atletiek proewe te Hoërskool Hans Strydom – Naboomspruit. Al die atlete het baie goed gedoen en vyf van die atlete is gekies om Ntvl te verteenwoordig by die SA’s te Sasolburg 20, 21 Maart. Die atlete is agter vlnr: Devonric Swart (60m, 80m en Turbospies), Suleen Schutte (Spiesgooi en Verspring) en Anica Goosen (200m). Voor: Abigail Venter (60m, 80m en Turbospies). Afwesig: Nicolet Trichardt (60m, 80m, 600m en Turbospies), Afrigter: Christine Swart, wens hulle sterkte.