“FRIKKIES RISE ABOVE THE REST!”

HFM se diregente is reg vir môre se Interhoër.
HFM se diregente is reg vir môre se Interhoër.

09-HFM Dirigente met ColinDie spanning loop hoog en opgewondenheid en afwagting seëvier! HFM is aan die opmars na Potgietersrus vir die jaarlikse Bosveld Interhoër Atletiekbyeenkoms. Woensdag 25 Februarie is die “GROOT BRAG” gehou en die sangers het gewys dat hulle reg is vir die sangbeker onder leiding van die hoofdirigente Stefan Allen en Nikkie Engelbrecht.
Die Vlam van Trots is aangesteek en brand vir elke atleet van HFM wat sy beste gaan gee, want die Frikkies is gereed om die bekers huis toe te bring. Daar was ‘n harde voorseisoen waar elke atleet goed voorberei is. Top-atlete soos ZW van Deventer (So/19), Brendon Vermaak (S 0/16), William Thulare, Marco Myburgh en Victor Potgieter (S 0/15), Michelle van der Sandt (D o/17), Leané du Plooy (D o/19), en die twee langasems Francois Buys en Wessel Redelinghuys (S 0/17) moet beslis dopgehou word. Die Frikkies is ook opgewonde oor nuwe, jong talent by die 0/14’s. Hou gerus vir Miné Lategan, Jani Senekal, Chané Ras en Franco Hofmann dop.
Die spankapteine wat die vaandel gaan indra is ZW van Deventer en Leané du Plooy. Die wense is dat elke atleet Saterdag net sy beste prestasie vir die seisoen sal behaal.
HFM is trots op elke atleet, sanger, afrigter en ouer wat die hartklop van die skool is. Harde werk plus entoesiasme plus ondersteuning bring ons by die somtotaal van sukses! “FRIKKIES RISE ABOVE THE REST!”