Pewter maklik gemaak
Die tema vir die dag was kultuur. Nou wat is lekkerder vir die boere om ons kultuur te vier soos julle dit leer ken het!
Selfs hulle eetgoed was goeie boere peuselhappies van jafels, koeksisters en biltongbroodjies. Dit het mens nogal baie laat dink aan Ouma se pampoenkoekies, en egte tradisionele Bobotie met geelrys! Man, dit is lekker om Afrikaans te wees, met sy tradisies wat so eg is (laat mens hart sommer warem klop).
Valentynsdag is sommer daarmee saam gevier. Angela en Natasha het die dames geleer hoe om kama pewter “foil drawing” te maak. Verbasend hoe kunstig die lede ook is!
Die twee gaste van die dag was Magda Milten en Lisa Hendersen, het daar en dan sommer besluit om aan te sluit en deel te word van Northam VLU-tak! Baie welkom dames. Lede was ook baie bly om Tessa weer te sien na ‘n lang afwesigheid weens bestraling met ‘n gewas in die brein wat darm nie kwaadaardig was nie.
Nou sien almal uit na die konferensie wat gehou gaan word op 11 Maart te Ellisras en die inligtingsdag wat op 17 Maart, ook in Ellisras, aangebied word.
Om deel te he aan hierdie Vroue Landbou Unie waar die vrouens nog eg in hul kultuur is, en baie leer, skakel hul skakelbeampte René Laas by 073 4299 411