Penguins presteer by Tzaneen Sprint

TZANEEN – Penguins het die afgelope naweek aan die Tzaneen Sprint deelgeneem en het as volg gepresteer: Danele Botha: Eerste met 25m vlinderslag, derde met 50m rugslag , tweede met 100m Individuele medley en derde met 25m borsslag. Sy swem al haar beste tye en Swem 0/10 kwalifiserende tye en sy is net 8 jaar oud.
Tegan Theron verbeter sy 50m vlinderslag met 8 sekondes en kom in die afdeling tweede, hy het wel eerste met 100m Individuele medley en tweede met 50m rugslag borsslag en vryslag.
Anmarie Schutte het al haar beste tye van die seisoen behaal.
Johan Bezuidenhoudt verbeter sy 100m Individuele medley tyd met 11 sekondes en kry derde plek in 50m vlinderslag.
Wilmien Schutte, kom eerste met 50 vlinderslag en 50m rugslag en tweede met 50m vryslag.
Baie geluk ook aan Wilmien Schutte, Liandi Pienaar en Elize Botha wat vir die skole Provinsiale span gekies is, wat op 26 en 27 Februarie in Potties gaan deelneem.

Die Penguins wat aan die Tzaneen Sprint deelgeneem het staan vlnr: Anmarie Schutte, Johan Bezuidenhhoudt, Tegan Theron en Wilmien Schutte.
Die Penguins wat aan die Tzaneen Sprint deelgeneem het staan vlnr: Anmarie Schutte, Johan Bezuidenhhoudt, Tegan Theron en Wilmien Schutte.

Danele Botha, 8 jarige swimmer wat uitstekend presteer het by die Tzaneen Sprint.
Danele Botha, 8 jarige swimmer wat uitstekend presteer het by die Tzaneen Sprint.