Koedoeskop atleet vertoon puik

08-LS Koedoeskop atleetKOEDOESKOP – Zoë Smith, ’n o/12 atleet verbonde aan Laerskool Koedoeskop het die skool se naam hoog gehou en ‘n goue medalje verwerf in die 75 m hekkies vir dogters 0/12 tydens die Distrik Byeenkoms wat Vrydag 13 Februarie te Setlers aangebied is.
Die Distrik Byeenkoms is saamgestel uit 4 verskillende streke.
Zoë oefen getrou van laas-jaar Oktober en pluk nou die vrugte met haar positiewe gesindheid, deursettings-vermoë en harde getroue oefening. Sy is ’n ware ambassadeur vir Laerskool Koedoeskop.
Die volgende atletiek byeenkoms is die Provinsiale Kampioenskappe, wat op 28 Februarie 2015 te Polokwane op die Peter Mokaba Stadion aangebied word.