HFM Atletiek totale uitslae

HFM het Vrydag 6 Februarie by die Royal Bafokeng Stadion teen vyf ander skole deelgeneem. Die skole was Athletics Royal Bafakeng, H/S Lichtenburg, H/S Monument, H/S Zwartkop en H/S Rustenburg. HFM kry 37 sesdeplekke, 30 vyfde plekke, 16 vierde plekke, 20 derde plekke, 13 tweedeplekke en 4 eerste plekke. HFM het dus 37 medaljes verwerf en die atleet met die hoogste punt was Franco Hoffman vir S 0/14 Hoogspring met 959 punte. Dankie aan die afrigters en toesighouers wat Saterdag 1:00 eers terug was op Thabazimbi

Hoërskool Frikkie Meyer het 11 Februarie saam met 64 verskillende skole teen Hoërskool Noordhewel in die klein skole kompetisie deelgeneem. HFM se leerlinge het goed gevaar waar vier leerlinge meer as 900 punte op die ASA behaal het.
Hulle is as volg: Miné Lategan met 903 vir Hoogspring, Janie Senekal met 903 ook vir hoogspring, Brenda Vermaak met 914 in Gewigstoot en Franco Hoffman het 939 in Hoogspring behaal.
Vyf van HFM se leerlinge het ook meer 800 en meer punte behaal, hul is as volg: Michelle van der Sandt met 808 vir gewigstoot, Dian Pretorius het 806 in spiesgooi, Marco Myburgh het 813 in die 200m, William Thulari het 815 in 300m hekkies en 828 in 100m hekkies en Brendan Vermaak het 883 in skyfwerp behaal.
HFM behaal ‘n gemiddeld van 813 punte per atleet teenoor verlede jaar se 738 punte per atleet en so is HFM ook in die agsteplek onder die kleiner skole met ‘n totaal van 12199 en wen onder andere vir Hoërskool Ben Vorster wat 12188 behaal het.
Die volgende kinders het onder die top drie geëindig in hul onderskeie afdeling:
Miné Lategan eerste in hoogspring, Janie Senekal eerste in 90m hekkies, Christelle Brink eerste in skyfwerp, Michelle van der Sandt eerste in gewigstoot, Dian Pretorius eerste in spiesgooi, Franco Hoffman eerste in hoogspring, William Thulari eerste in 300m hekkies en Brenda Vermaak eerste in gewigstoot.
Janie Senekal tweede in hoogspring, Leané du Plooy tweede in 200m, Marco Myburgh tweede in 200m, William Thulari tweede in 100m hekkis, Brendan Vermaak tweede in skyfwerp en ZW van Deventer tweede in skyfwerp.
Carmen Strydom derde in skyfwerp (sy het in 0/16 deelgeneem, maar is eintlik 0/15) Michelle van der Sandt derde in skyfwerp, Benita Erasmus derde in gesigstoot, Dirko Slabbert derde in 200m en Michael Payne derde plek met verspring (in 0/17 deelgeneem maar is 0/16)
Die volgende leerling ontvang medaljes omdat hulle onder die eerste drie geëindig het:
Brendan Vermaak, derde in skyfwerp en gewigstoot, Miné Lategan derde in hoogspring, William Thulari derde in 100m hekkies en tweede in 300 hekkies, Dian Pretorius tweede in spiesgooi en Franco Hoffman eerste in hoogspring (hy wen ook 2014 se SA kampioen)
HFM het dus vyf atlete wat onder die top drie geëindig het met nie minder as 7 medaljes, pragtig. HFM se atlete het puik presteer en hulle as ware ambassadeurs gedra. Dankie aan me Fouché wat die groep vergesel het.

Die atlete was ook Vrydag, 13 Februarie besig by Nylstroom met ‘n vriendskaplike byeenkoms waar H/S Ellisras, H/S Louis Trichardt, H/S Nylstroom, Waterberg Acadamy, Groblersdal Acadamy en HFM aan deelgeneem het.
Die volgende atlete het meer as 800 punte op die ASA behaal:
Janie Senekal 860 in hoogspring, Christelle Brink 810 in gewigstoot, Victor Potgieter 867 in gewigstoot, Brendan Vermaak 928 in gewigstoot, Chané Ras 855 in spiesgooi en 821 in gewigstoot, Diandré van der Bÿl 820 hoogspring en Franco Hoffman 820 in hoogspring.
HFM het in totaal 39 eersteplekke, 44 tweede plekke, 41 derde plekke, 26 vierde plekke, 19 vyfde plekke en 10 sesde plekke behaal met hierdie vriendskaplike byeenkoms.

Die streekbyeenkoms het Saterdag 14 Februarie plaasgevind te Settlers. ‘n Paar van HFM se atlete het ook aan dié uitdunne gaan deelneem. Al die velditems en hekkie naellope het egter uitgereën. Die betrokke atlete neem weer Woensdag op Settlers deel. Volledige uitslae is nog nie bekend nie, maar die volgende atlete het sover goed gevaar: Leané du Plooy, Andriaan Odendaal, Marco Myburgh en Tatiana Rall.
Sterkte aan al hierdie atlete.