Geoloog red jong aasvoël

08-aasvoels Kerri‘n Plaaslike geoloog, Duncan Jarman, het Sondag, terwyl hy met sy motorfiets in die Kransberge gery het, op ‘n jong kransaasvoël afgekom wat duidelik nie weer kon opstyg uit die dilemma waarin hy hom bevind het nie. Geen sein op die selfoon en beide sonder water.
Die boodskap het uiteindelik by Kerri Wolleter, wat ‘n studie maak van die Krans aasvoëls, uitgekom wat op haar beurt Tania Stone van TAR gekontak het om na die aasvoël en sy redder om te sien. Met Sarel Pelser en Riaan Nagel vir sy kennis van Roofvoels saam met haar het hulle ‘n uur en half later het hulle dieaasvoël en sy goeie Samaritaan gekry. Hulle het die aasvoël op die bakkie gelaai terwyl Duncan vinnig met sy motorfiets vooruit gery aangesien daar geen sien was nie en hy het toe al reeds sowat 2 ure by die voel gestaan en bekommerd was oor sy vrou wat hom ingewag het.
Soos dinge maar gebeur het die groep in die bakkie sowat 5km verder op Duncan afgekom waar hy gestaan het met ‘n gebreekte ketting. Daar was net een uitweg en dit was om Duncan met sy motorfiets en al agterop te laai want daar was niks om die motorfiets mee vas te maak nie.
Hulle moes toe maar stadig die aftog verder aanpaktot by Sarel en Annelie se huis waar Kerri die aasvoël kom optel en behande het met vloeistof!
Support the TAR Charity shop in the Spar parking lot behind Edgars: Hours: 16:00 -17:30 Wednesdays and Fridays also the first Saturday every month from 9:00 to 12:00