VLU Bosveldstreek stig nuwe VLU tak in Rooiberg

ROOIBERG – ‘n Splinter nuwe tak van die VLU Bosveldstreek is op Vrydag 6 Februarie 2015, in Rooiberg gestig.
Die opgewondenheid en entoesiasme was voelbaar tydens hierdie unieke vergadering. Die voorsitster van hierdie nuwe tak, Nadine Breytenbach, wat die inisiatief geneem tot die stigting van hierdie nuwe tak, is nou maar twee jaar hier by in die bosveld en het in Lydenburg met die VLU kennis gemaak.
Mev Annatjie Dreyer (Streeksvoorsitster van die Bosveld VLU) was daar om die amptelike opening waar te neem. Hierdie nuwe tak het ook ‘n embleem van ‘n voëltjie met die leuse wat sê: “daar is nie limiete in die lewe nie”.
Met ‘n eerste volwaardige vergadering pas afgehandel, en nog baie om te leer, het die opwinding later net meer geword.
Bosveld streek bestaan nou uit nege wonderlike take. Hierdie vrouens is dinamies, en slaggereed vir enige uitdaging wat aan hulle gebied word, veral as die verskeie talente na vore kom.
Hulle word baie sterkte toegewens en verwelkom in die dinamiese Bosveld Streek.
Vir verdere inligting, skakel gerus Rooiberg VLU se skakelbeampte, Shamen Breytenbach, by sel: 076 6339 110.

Lede van die nuwe tak van vlnr: Shamen Breytenbach (skakelbeampte) Nadine Breytenbach (voorsitster) en Annatjie Dreyer (Streeksvoorsitster Bosveld). Agter Elsie Mathews (Lid Rooiberg) Leeandra Van Zyl (Lid Rooiberg) René Laas (Northam) Angela Potgieter (Northam) en Petro Kotze (Tesourier Rooiberg).