Skaak Prestasies met die SA’s

07-LS Koedoeskop SkaakKOEDOESKOP Die afgelope vakansie het ses skaakspelers van Laerskool Koedoeskop wat die Bojanala skaakunie span verteenwoordig, te Kimberley aan die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe deelgeneem en baie goed presteer.
Nia Naudé verdien ‘n goue medalje op die SA’s en kry ook die trofee vir die beste Junior Dogter skaakspeelster vir 2014 van die Bojanala Skaakunie. Gerdro Grobler verdien ook ‘n Goue medalje op die SA’s. Nia en Gerdro was deel van die o/10 A-span. Hulle span het algeheel tweede geëindig uit al die provinsies en elkeen het ‘n silwer toekenning asook ‘n trofee ontvang. Dit getuig van hoë standaard en puik prestasie
Gustav Grobler verdien ‘n Silwer medalje op die SA’s en was ook die Kaptein van die skole skaakliga.
Die skool se span verower ook die beker as B-Liga Wenners vir die O/14 skaakspan.
Luan Botha, Nicolaas Cohen en Quinten Steenkamp verdien elkeen ook ‘n Goue medalje op die SA’s.