Thabazimbi Hengel uitslae

Heel agter vlnr: Hans Maritz en Tommie Swanepoel. Agter: Nicolene Heydenrych, Sally Lourens, Johann Fourie, Jan Botha met Nico Botha, Koos Viljoen, Nick Oelofse, Deon Bender en Piet Bezuidenhout. Voor: Martie Murray, PJ Bezuidenhout, Johann Coetzee en Theaan Scheepers. Heel voor: Tommy Swanepoel en Reagan Reid.

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek hul eerste kompetisie vir 2015 aangebied. Die kompetisie het by Andries se dam plaasgevind en was die eerste kompetisie vir Januarie 2015 ‘n reuse sukses. Die kompetisie was slegs ‘n dag kompetisie en het om 06h00 begin en geëindig om 15:00. Daar is altesaam 365 visse gevang vir die dag.
Wenners is bepaal deur die meeste punt ingesamel naamlik 10 punte per vis en 10 punte per hengelaar.
Die wenners is as volg vir die meeste punte by die seniors is Piet Bezuidenhout (1), Hans Maritz (2) and Tommy Swanepoel (3). Meeste punte vir die meesters is Koos Viljoen (1), Nick Oelofse (2) en Jan Botha (3).
Meeste punte by die dames is Marie Murray (1), Sally Lourens (2) en Nicolene Haydenrych (3). Die meeste punte is Deon Bender (1), PJ Bezuidenhoud (2) en Johann Fourie (3).
Meeste punte is Tommy Swanepoel (1), Theaan Scheepers (2) en Johann Coetzee (3). Die Cubs se punte is Nico Botha (1) en Reagan Reid (2).
Twee van die klub se damesm Martie Murray en Nicolene Heydenrych, gaan eerskomende week aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe deelneem te Bloemhof wat vanaf Maandag 9 tot 13 Februarie aangebied word.
Die volgende kompetisie vind plaas by Northam Platinum se konsentrator naweek van 14 -15 Februarie. Alle nuwe lede kan die klubvoorsitter kontak Hannes Scheepers 083 490 9743 of thabahengel@gmail.com