Thabazimbi Gholfklub

Die derde plek wenners vir die gekombineerde puntespel by Thabazimbi Gholfklub was B. Gerber en G. Van Rensburg.
Die derde plek wenners vir die gekombineerde puntespel by Thabazimbi Gholfklub was B. Gerber en G. Van Rensburg.
Die tweede plek wenners vir die dag was R. Le Roux en F. Coetzer.
Die tweede plek wenners vir die dag was R. Le Roux en F. Coetzer.

Die eersteplek wenners van die gekombineerde puntespel op 31 Januarie is vlnr: E. Beherns (verste dryf), T. Sadler en J. Smit.
Die eersteplek wenners van die gekombineerde puntespel op 31 Januarie is vlnr: E. Beherns (verste dryf), T. Sadler en J. Smit.
THABAZIMBI – Thabazimbi Gholfklub het op Saterdag 31 Januarie ‘n uiters geslaagde gholfdag aangebied deur die Thabazimbi Gholfkomittee.
Die formaat was ‘n gekombineerde puntespel. Die wenners van die dag was T. Sadler en J. Smit. In die tweede plek was F. Coetzer en R Le Roux. In die derde plek was B. Gerber en G van Rensburg.
Die naaste aan die pen op puntjie 3/12 was P. Terblanche en op 7/16 was dit K. Robbertse. Die langste dryf is oudergewoonte gewen deur E. Behrens.
Volgens die wenner Jurie Smit is dit nou sy derde keer dat hy op Thabazimbi wen in ‘n ry en daag hy enige iemand uit om hom te probeer wen op Thabazimbi se gholfbaan.
Die Northam Toyota Sundowner van 28 Januarie is gewen deur Antonie Lotter op 20 punte.
Die Maand program vir Februarie
4 Februarie – Northam Toyota Sundowner
7 Februarie – Maandelikse Slagspel
11 Februarie – Northam Toyota Sundowner
14 Februarie – 3 Jacks and 1 Jill
18 Februarie – Northam Toyota Sundowner
21 Februarie – Laerskool Thabazimbi Borgdag
25 Februarie – Northam Toyota Sundowner
28 Februarie – Maandelikse slagspel.
Almal word vriendelik uitgenooi om Thabazimbi se gholfbaan te kom probeer troef eb due heerlike gasvryheid te kom ervaar.