RiVoDrama begin 2015 op ‘n positiewe noot!

THABAZIMBI – Die RiVoDrama Studio se werksaamhede vir 2015 het afgeskop! Die eerste groep studente het Maandag, 2 Februarie die opening bygewoon en registrasie afgehandel. Die klasse begin volgende week en dan sal die ander ook inval.
Die Studio het so gegroei dat nog twee personeellede aangestel het om die groepklasse te hanteer. Die individuele afrigting en groepwerk met oog op die Eisteddfod word nog deur Juf Rita hanteer.
Ouers wat sou belangstel dat hulle kinders sanglesse neem – mikrofoonsang en solosang, asook vir die skryf van redenaarstoesprake en die afrigting daarvan, kan gerus vir Juf Rita kontak. Hier is ‘n span kundiges wat ook daarmee kan help.
Vir meer inligting oor die RiVo Drame skool kontak gerus vir Rita Volschenk by 083 7448559 / rivo@kunstegrot.co.za.

Die Gr 4 tot Gr 7 groep saam met Juf Mari van Jaarsveld en Juf Rita Volschenk.
Die Gr 4 tot Gr 7 groep saam met Juf Mari van Jaarsveld en Juf Rita Volschenk.

Die Gr R tot Gr 3 groep saam met Juf Elanie Nel en Juf Rita Volschenk.
Die Gr R tot Gr 3 groep saam met Juf Elanie Nel en Juf Rita Volschenk.