Steeds geleentheid

Terwyl die gaping tussen armoede en rykdom wêreldwyd al hoe groter word, is dit alle ouers se plig om toe te sien dat hul kinders na matriek in die posisie sal wees om hul kwalifikasies te verbeter, hetsy deur universiteite, kolleges en ambagskole.
Suid-Afrikaners word aangemoedig om te spaar, nie net vir die dag van jou aftrede nie, maar ook wanneer jou kinders klaar is met skool en jy hulp moet verleen om te sorg dat hulle ‘n ordentlike kwalifikasie agter hulle name kan skryf. ‘n Kwalifikasie wat sal verseker dat hulle werk het en op hulle eie twee bene staan sonder verdere bydrae van jou.
Begin met ‘n spaarpolis deur bv effektetrust. Begin met ‘n maandelikse bydrae wat jy weet jy oor die volgende 10 tot 20 jaar sal kan bekostig. Drinks saans maar net een glasie wyn minder en hou op met rook. Jy sal verbaas wees as jy sien hoe jou belegging kan groei.
In plaas daarvan dat jy die kinders met speelgoed oorlaai, gee eerder ‘n geldjie wat tot die belegging bygevoeg kan word. Die regering se onderwysstelsel het totaal geflop. Die dae dat jy op die regering kon staatmaak vir naskoolse onderrig vir jou kind is vir altyd verby.
teach-kids-money