Wêreld Champs Kickboxing

Die groep skopboksers wat aan die “World Kickboxing Federation” wêreld kampioenskappe deelgeneem het te Prague in die Tsjeggiese Republiek.
Die groep skopboksers wat aan die “World Kickboxing Federation” wêreld kampioenskappe deelgeneem het te Prague in die Tsjeggiese Republiek.

Tydens die afgelope ” World Kickboxing Federation ” wêreld kampioenskappe wat te Prague verlede jaar November plaasgevind het, onderskei Jackie Brits haar as ‘n plaaslike sport kampioen op internasionale vlak deur ‘n silver medalje te verwerf in die harde wêreld van volkontak uitklop skopboks vir senior dames. Jackie wy haar lewe reeds van kinds been af aan verskeie sportsoorte waarin sy nasionale suksesse behaal het.
Haar belangstelling in skop boks is nie net nog n sport nie,maar n passie en lewenswyse met besondere toewyding en dissipline. As dame beleef sy ook die voordeel van om haarself te kan verdedig,deel te wees van n wen span in Thabazimbi se skopboks klub en om ook fiksheid en ‘n gesonde leefstyl te geniet.
Thabazimbi skopboks klub is trots om so ‘n besondere sportvrou in ons geledere te kan he en wens haar geluk met haar prestasie.
Skopboks in Thabazimbi het onder dames ook reeds verskeie sukses verhale behaal deur provinsiale, nasionale en internasionale kampioenskaps toernooie. Onder hulle tel Sanel Steyl, Rinda Beukman en Madelein Cruse.